Quayport Trust Company South Africa
Om bates uit Suid-Afrika te neem is ‘n groot stap opsigself, maar die besluit oor waarheen moet allermins onderskat word. Hierdie besluit moet nie net deur vandag se behoeftes gelei word nie, maar ook deur ‘n duidelike fokus op die toekoms. Guernsey het himself oor baie jare bewys as ‘n voorkeur jurisdiksie vir Suid Afrikaners weens die volgende redes:
Guernsey is ‘n selfregerende Kroonafhanklikheid met ‘n lang rekord van politieke en finansiële stabiliteit.
Gereguleer deur die Guernsey Financial Services Commission (GFSC), wat internasionaal erken word vir hoë regulatoriese standaarde.
Trek voordeel uit ‘n belastingneutrale omgewing.
Langduring verskaffer van private welvaart dienste met ‘n volwasse ekosisteem van prokureurs, rekenmeesters en administrateurs met oorgrens kundigheid.
Buigsame maatskappyreg, insluitend beskermde en geïnkorporeerde selmaatskappye (PCC’s en ICC’s) met gevorderde trust- en stigtingsstrukture wat voorsiening maak vir pasgemaakte welvaartbeplanning en beleggingsbehoeftes.
Onafhanklike howe met goed ontwikkelde regspraak wat ‘n voorspelbare regsomgewing vir geskilbeslegting skep.
Sy reputasie as ‘n samewerkende, deursigtige, maar mededingende jurisdiksie voeg geloofwaardigheid by tot strukture wat daar gevestig is.
Gerieflike ligging tussen die VK en kontinentale Europa met dieselfde tydsone as Londen (GMT/BST), wat koördinering met groot finansiële sentrums vereenvoudig.
Suid-Afrikaners met globale ambisies soek toenemend na die buiteland. ’n Korrek opgestelde buitelandse struktuur kan jou toegang gee tot die volgende:
Hou en laat jou bates groei in 'n polities stabiele jurisdiksie met pond sterling as geldeenheid.
Gesinne met kinders, eiendom of sakebelange in die buiteland kan dit onder een sambreel bestuur eerder as deur verskeie gefragmenteerde eenhede.
Guernsey bied ‘n innoverende regsraamwerk wat by familie- of korporatiewe behoeftes pas.
Trek voordeel uit 'n belastingneutrale omgewing in Guernsey.
Verkry toegang tot Suid Afrikaanse Inkomstediens se dispensasie by wyse van trust-tot-trust distribusies.
Quayport Trust Company Limited is geregistreer in Guernsey onder registrasienommer 48194.
Die maatskappy is gelisensieer deur die Guernsey Financial Services Commission onder die regulering van Fiduciaries, Administration Businesses and Company Directors, etc (Bailiwick of Guernsey) Law 2020.