Quayport Trust Company South Africa

Waarom Guernsey

Oorsee Gaan

Om bates uit Suid-Afrika te neem is ‘n groot stap opsigself, maar die besluit oor waarheen moet allermins onderskat word. Hierdie besluit moet nie net deur vandag se behoeftes gelei word nie, maar ook deur ‘n duidelike fokus op die toekoms. Guernsey het himself oor baie jare bewys as ‘n voorkeur jurisdiksie vir Suid Afrikaners weens die volgende redes:

Waarom Geurnsey as ‘n gekose buitelandse jurisdiksie?

Politieke en ekonomiese stabiliteit

Guernsey is ‘n selfregerende Kroonafhanklikheid met ‘n lang rekord van politieke en finansiële stabiliteit.

Robuuste en gerespekteerde regulasie

Gereguleer deur die Guernsey Financial Services Commission (GFSC), wat internasionaal erken word vir hoë regulatoriese standaarde.

Belastingneutraliteit

Trek voordeel uit ‘n belastingneutrale omgewing.

Spesialis Kundigheid

Langduring verskaffer van private welvaart dienste met ‘n volwasse ekosisteem van prokureurs, rekenmeesters en administrateurs met oorgrens kundigheid.

Innoverende Maatskappy- en Trustreg

Buigsame maatskappyreg, insluitend beskermde en geïnkorporeerde selmaatskappye (PCC’s en ICC’s) met gevorderde trust- en stigtingsstrukture wat voorsiening maak vir pasgemaakte welvaartbeplanning en beleggingsbehoeftes.

Sterk Regsisteem

Onafhanklike howe met goed ontwikkelde regspraak wat ‘n voorspelbare regsomgewing vir geskilbeslegting skep.

Globale Reputasie

Sy reputasie as ‘n samewerkende, deursigtige, maar mededingende jurisdiksie voeg geloofwaardigheid by tot strukture wat daar gevestig is.

Geografiese en Tydsone Voordeel

Gerieflike ligging tussen die VK en kontinentale Europa met dieselfde tydsone as Londen (GMT/BST), wat koördinering met groot finansiële sentrums vereenvoudig.

Finansieel en Ekonomies

Suid-Afrikaners met globale ambisies soek toenemend na die buiteland. ’n Korrek opgestelde buitelandse struktuur kan jou toegang gee tot die volgende:

Valuta Diversifikasie en Stabiliteit

Hou en laat jou bates groei in 'n polities stabiele jurisdiksie met pond sterling as geldeenheid.

Familie erfenis

Gesinne met kinders, eiendom of sakebelange in die buiteland kan dit onder een sambreel bestuur eerder as deur verskeie gefragmenteerde eenhede.

Boedelbeplanning

Guernsey bied ‘n innoverende regsraamwerk wat by familie- of korporatiewe behoeftes pas.

Belastingneutraal en deursigtig

Trek voordeel uit 'n belastingneutrale omgewing in Guernsey.

Vereenvoudigde eksternalisering van welvaart

Verkry toegang tot Suid Afrikaanse Inkomstediens se dispensasie by wyse van trust-tot-trust distribusies.

Ons advies is onpartydig, persoonlik en altyd in lyn met jou beste belange.

Regulerende inligting

Quayport Trust Company Limited is geregistreer in Guernsey onder registrasienommer 48194.

Die maatskappy is gelisensieer deur die Guernsey Financial Services Commission onder die regulering van Fiduciaries, Administration Businesses and Company Directors, etc (Bailiwick of Guernsey) Law 2020.

kontak ons

Quayport Trust Company
Office 301, 3rd Floor,
Eikestad Mall,
43 Andringa Street,
Stellenbosch, 7599,
South Africa

+27 21 140 6865